You Are Now Here: Home · Media · Beeld - Donderdag 12 Februarie 2009

Beeld - Donderdag 12 Februarie 2009

Moenie opgee op kind met breinskade, sê ma
 
Philip de Bruin  -  Beeld Donderdag 12 Februarie 2009

Op 6 Oktober 1997 het Roald Rudman se “lyk” onder ’n kombers in sy ouerhuis in Pretoria gelê en het ’n polisieman hom amptelik dood verklaar.
Vandeesweek het die einste Roald sy 14de verjaardag gevier, springlewend en gesond, maar verstandelik erg gestrem.
Roald het destyds, toe hy amper drie jaar oud was, in die swembad by sy huis geval waar sy broer hom “leweloos” uitgeduik het.

Die polisie en nooddienste is ontbied. Die polisie was eerste op die toneel en die polisiebeampte wat na Roald omgesien het, het hom dood verklaar. ’n Kombers is oor sy gesig gegooi en weggetrek toe Roald se ma, me. Elna Rudman, tuis opgedaag het om aan haar te bewys dat haar kind nie meer leef nie.
Kort daarna het mediese nooddienste op die toneel opgedaag, nadat Roald reeds 15 minute “dood onder die kombers” was en opnuut sy lewe probeer red.

Wat vandag as ’n wonderwerk beskou word, het daartoe gelei dat ’n polsslag by Roald gevoel is.
Dié situasie het enkele jare gelede gelei tot ’n unieke hofgeding tussen Roald se ouers en die polisie. Sy ouers het aangevoer dat die polisieman nalatig was om Roald dood te verklaar.
Die appèlhof het uiteindelik in die guns van die egpaar beslis.

Roald se ma het vandeesweek gesê Roald “bly ons lieflingkind, ons geskenk van God”.
“Hy herstel tans ná drie ortopediese operasies sedert Oktober 2008. Ons dapper seun is daardeur, maar sy ma is 30 jaar ouer en het baie trane gestort,” het Roald se ma gesê.

Sy het gesê Roald praat reeds ’n paar woordjies.

“My boodskap aan ander ouers met sulke kinders is: Moet nooit opgee nie. Ek weet ék kan nie, want ons dapper kind verdien
elke bietjie hulp, liefde en sorg.”

Nota: Korreksie ek het nie vir pers gesê dat my kind erg verstandelik gestrem is nie, dit is 'n afleiding - hy is wel erg motories aangetas maar sy intellek makeer absoluut niks volgens ons wat hom ken nie!

 

NOTE:  By doing a Google search with content Elna Rudman or Roald Rudman you will find various news articles of Roald published during our court case that lasted 8 years......

19.02.2009. 15:35

This article hasn't been commented yet.

Write a comment

* required field's

:

:

:


2 + 1 =